MOSSELBAAI NUUS - Vandag, 8 Desember word 'n nuwe Afrikaanse fliek, Vuil Wasgoed, landswyd vrygestel.
Met 'n opwindende rolverdeling, het die fliek vyf toekennings ingepalm by die kykNET Silwerskemfees.
Dit kry ook reeds internasionale erkenning aangesien dit ingeskryf en aanvaar is vir die Portland internasionale filmfees.
Vuil Wasgoed is geskryf deur Bennie Fourie, vervaardig deur Danie Bester, Bennie Fourie en Bouwer Bosch.
Die regie is behartig deur Morné du Toit. Die rolverdeling sluit in Bennie Fourie, Bouwer Bosch, Tim Theron, Stiaan Smith, Nico Panagio, Charlie Bouguenon, Simoné Nortmann en Leandie du Randt Bosch.
Bouwer Bosch, Leandie du Randt Bosch en Bennie Fourie doen 'n landswye toer om die film te bemark en sal op 20 Desember in Mosselbaai te siene wees.
Tydens die bemarkingstoer sal daar talle promosie-items uitgedeel word.
Kyk dus uit vir die Vuil Wasgoed-bussie en stop gerus die akteurs om 'n selfie by hulle te neem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'