MOSSELBAAI NUUS - Die leerders van Erika Primêre Skool het geskitter op die verhoog verlede Donderdag tydens die finale voorbereidings vir hulle deelname aan 'n jeugtoneelfees in Montagu hierdie naweek.
Die jong akteurs het drie, uiteenlopende toneelstukke opgevoer.
Die gehoor het geskaterlag vir die eerste komiese produksie, De Bruyn se brein waarin die leerders 'n jong tiener se brein uitbeeld. In die tweede toneelstuk, word hulde gebring aan oudpresident Nelson Mandela. Die stuk getiteld, Icon is spesiaal saamgestel om die wêreldikoon se 100ste geboortedag te herdenk wat landswyd luistteryk op 18 Julie gevier is.
Die laaste stuk, Mix Masala, is 'n ewe vermaaklike aanbieding wat handel oor die beperkende wetgewing waarmee verskeie etniese groepe in Suid-Afrika moes saamleef onder die vorige bedeling.
Die stuk, wat sterk rus op die digkuns van Adam Small, is ook vanjaar tydens die Diasfees se openingskonsert opgevoer.
Icon is spesiaal geskryf om oudpresident Nelson Mandela te huldig.
Die jong akteurs het die gehoor laat skater tydens De Bruyn se brein.
Die "linkerlob" van die brein wag vir 'n opdrag van die beheerkamer.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'