MOSSELBAAI NUUS - Die kleingoed word omtrent bederf met Sondag se vermaaklikheidsprogram by vanjaar se Diasfees.
Daar is sommer twee gunstelinge op die spyskaart met Klikkerland en Tjiff & Tjaff wat optree om onderskedeidelik 10:00-10:45 en 11:00-11:45.
Maar dis nie net die jongspan wat vermaak sal word nie. Sondag se program bied optredes deur Michael Lindt en die pragtige Demi-Leigh Moore, asook ‘n debuutoptrede deur VLAMbojant.
Die middag word tradisioneel afgesluit deur Mosselbaai en omstreke se uitmuntende blaasorkeste.
Tjiff & Tjaf
Demi-Leigh Moore
VLAMbojant
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'