MOSSELBAAI NUUS - Augustus is Vrouemaand, daarom sluit Ilita Lodge dit af met 'n heerlike vroue-ontbyt in samewerking met Riebeek Kelders en hul lieflike agent, Marie Geldenhuys-Venter.
Kom geniet 'n besonderse oggend vol bederf en inspirasie met gaskunstenaars Petronel Baard en Cornelle Carstens. Die twee "Nelle" smee so gereeld moontlik kragte saam om gehore te vermaak met Petronel se engelstem en unieke musiek verweef met Cornelle se skerpsinnige karakters en skreeusnaakse stories.
Die geleentheid word gehou op 31 Augustus om 09:00.
Petronel en Cornelle, is nou betrokke by kunsteontwikkeling van plaaslike talent deur middel van hulle werk by MOKKA (Mosselbaai Kreatiewe Kultuurassosiasie) en dien onderskeidelik as voorsitter en ondervoorsitter.
"Kom geniet 'n heerlike ontbyt van Ilita Lodge afgewissel met Montino Light, 'n besonderse wyn met vonkel van Riebeek Kelders. Bring jou vriendin, boek 'n tafel vir jou kantoor en kom geniet die oggend saam met die ander besonderse vroue van die Suid-Kaap."
Petronel Baard en Cornelle Carstens span hul kreatiewe kragte saam om vroue te vermaak op 31 Augustus.
Vir navrae, skakel 082 903 4486 of stuur e-pos na langvrou@gmail.com.
Die vertoning is ten bate van die Wonderful Southern African Foundation, 'n nie-winsgewende organisasie wat daarop gefokus is om lewenskwaliteit te verbeter en armoede te verlig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'