VERMAAKNUUS - Petronel Baard se waardige teaterproduksie, ’n Blom in Elke Vrou, vind by die Dias Museum plaas op Vrydag, 17 Desember.
Dit word deur ArtSpace aangebied en is ’n betowerende reis oor die vreugde en verlies van menswees.
Petronel se helder, sterk stem word begelei deur Franco Engelbrecht (klavier), Johan Engelbrecht (viool/kitaar) en Lelane van der Merwe (tjello).
Vir die opvoering het Petronel inspirasie geput uit Madine Swart se boek Flora se Geheime Taal. Onder andere maak sy ook gebruik van Mardene Marais van Cordis Trust se gedigte en die teks is saamgestel met insae van tuinboukundige, dr Ernst van Jaarsveld van Babylonstoren en plantaktivis, Jan Odendaal van GreenforlifeSA.
Bespreking is noodsaaklik en Covid-19-protokol geld. Sosiale afstand en die dra van maskers is verpligtend.
Die vertoning begin om 19:30 en deure open 18:00. Daar sal koffie en warm sjokoladedrankies te koop wees. Besprekings kan by Abé Meintjes gemaak word (083 268 3718).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'