MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaaiers het Vrydag, 17 Mei 'n kans om 'n uitsonderlike vertoning by te woon. In Afrikaans. Oor Afrikaans. Oor digkuns, musiek, lirieke - en die liefde natuurlik. Donkernagpantoen het in April onder luide applous in Kaapstad geopen.
Bekroonde skrywer Riana Scheepers, in samewerking met die sensuele musiekpaar Coffee Snobs, gaan die gehoor in Mosselbaai op 'n liriese reis van uitsonderlike digvorme neem.
Onder andere gaan toonsettings van 'n pantoen, 'n sensuele hooglied, 'n meesleurende wiegelied en 'n broeiende vilanelle aangebied word. 'n Tranetrekkende smartlap en outentieke Kaapse moppie maak ook deel uit van Donkernagpantoen.
Die hoendervel-kry klanke en tegniese kwaliteit van Coffee Snobs se produksie maak hierdie 'n vertoning wat nie misgeloop mag word nie. Dit vind plaas om 19:30 in die nuwe kunste-spasie wat in die Dias Museum geskep word, ArtSpace. Kaartjies kos R100 per persoon. Deure open om 18:30. Kaartjies kan by die Espresso Spot in die Museum bekom word - Maandae tot Saterdae tussen 09:00 en 15:00. Verdere navrae kan by Abé Meintjes (083 268 3718).
ArtSpace
Artspace is beskikbaar en tot die diens van die kunste. Dit is 'n kunste-venue binne die Dias Museum wat in diens staan van die groter kunstegemeenskap in die Mosselbaai-omgewing.
ArtSpace skep geleentheid vir kunstenaars en kunsliefhebbers om skouers te skuur en kreatief te kuier.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'