Van ons land se top kunstenaars het hier opgetree en daar is elke aand sowat 1500 mense deur die hekke. Met heerlike kosstalletjies, vermaak vir die kinders en iets vir al die droë kele was elke aand volgepak met pret en vermaak.
Na elke vertoning kon die kunstenaars in die BRAVO Lounge ontmoet word en daardie gewilde handtekening en foto verkry word.
Wat die Bravo besonders maak, is dat plaaslike talent vooraf optree wat ook aan hierdie jong opkomende kunstenaars baie blootstelling bied. Wie weet, die volgende Theuns Jordaan of Juanita Claassen is dalk 'n Mosselbaaier!
Om hierdie rede is daar ook tydens die Bravo 'n talentkompetisie by die Langeberg Mall aangebied. Die wenner van hierdie kompetisie, Leandi Scheuer (15) van Pretoria, het opgetree as die kunstenaar net voor die vertoning van Steve Hofmeyer, wat 'n geweldige eer vir die jong dame was.
Ray Dylan was 'n groot treffer.
Foto's: Tersia Marais
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'