MOSSELBAAI NUUS - Die bekroonde sang duo, Wynand en Lindi Delport, meer bekend as Anders, kom Sondag, 23 Julie, by die Mosselbaai AGS-gemeente bedien.
Dié paartjie se musiek is al meer as een keer genomineer vir die Ghoema-toekenning en hulle is reeds twee keer tydens hierdie toekennings bekroon.
Hulle passie vir musiek is nie beperk tot die sekulêre spektrum nie.
Met 'n gewyde repertorium soos hul debuutalbum, Dink Leef Klink, en die onlangse treffer Die tyd is nou, om net 'n paar te noem, beloof dit om 'n spesiale oggend te wees.
Die byeenkoms vind plaas om 09:30 by Da Gama 36.
Die gemeente nooi almal om deel te wees van hierdie spesiale byeenkoms. Toegang is gratis.
Vir meer inligting, kontak die gemeentekantoor (044 690 3384).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Hessequa nuus'