MOSSELBAAI VERMAAK NUUS - Hartenbos-versorgingsoord hou op Saterdag, 15 Desember basaar by die versorgingsoord en familie en vriende word genooi die geleentheid saam met hulle te kom geniet.
Die witolifante-afdeling is reeds vanaf 08:00 oop terwyl die ander verkope om 09:00 open.
Daar sal 'n teetuin wees asook 'n verskeidenheid heerlike eetgoed soos pannekoek, groot koeke, klein koekies, terte, beskuit, poeding, kerrie-afval, kerrie en rys, hoender-roompot, vetkoeke en worsbroodjies.
Moet ook nie die vars groente, handwerk en gemmerbier misloop nie - dit alles onder begeleiding van lekker boeremusiek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'