MOSSELBAAI VERMAAKNUUS - Die tweede uitdunronde van die Garden Route Underdog sangkompetisie het Saterdag, 7 Desember by ReedValley plaasgevind.
Die top 13 finaliste moes behoorlik uithaal en wys om deur te dring na die tweede ronde, waar net ses finaliste gekies is om elkeen weer 'n liedjie vir die toeskouers en beoordelaars te sing.
Die kompetisie was taai maar daar kon uiteindelik net een wenner gekies word.
Die wenner was weer vanjaar vanaf Oudtshoorn afkomstig en niemand anders nie as Anuchka Henning wat bewys het dat aanhouer wen. Sy het verlede jaar derde geëindig. Vanjaar se tweede plek is deur Tallulah Janson van Albertinia ingeneem met Monique Lingenvelder van George in die derde plek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'