Gallery
MOSSELBAAI NUUS -
Twee sportfasiliteite geopen op Groot-Brakrivier
Twee sportfasiliteite is Vrydag, 24 November, amptelik geopen as 'n belegging in die ontwikkeling van sport in die gemeenskap.
By Greenhaven is die netbalbane en by Wolwedans is 'n sokkerfasiliteite amptelik geopen deur onderburgemeester, raadsheer Cliffie Bayman met LUR vir kultuursake en sport, Minister Anroux Marais, Hoofdirekteur vir Sport en Ontspanning in die Wes-Kaap, Dr Lyndon Bouah, Voorsitter van Eden Sportraad, mnr Desmond Speelman, en verskeie ander rolspelers, wyksraadslede en munisipale amptenare wat die opening bygewoon het.
"Die uitvoerende burgemeester, burgemeesterskomiteelede en die raad werk hard om gestalte te gee aan die raad se GROEI-strategie en om Mosselbaai te posisioneer as 'n dorp wat besighede ondersteun en om die ideale ligging vir wêreldklas byeenkomste te wees," het Bayman tydens sy toespraak gesê.
Foto gallery: Twee sportfasiliteite amptelik geopen
Die Greenhaven-netbalbane was tussen 23 Januarie en 24 Augustus vanjaar teen 'n koste van meer as 'n miljoen opgerig en spog met ‘n stel van twee netbalpale en ringe wat verstelbaar gemaak is om senior en junior spelers te akkommodeer.
By Wolwedans is 'n spog-sokkerfasiliteit en is teen 'n koste van net minder as R10 miljoen opgerig en is begin op 30 Maart 2021 en op 31 Mei 2022 voltooi.
Dit sluit in nuwe doelpale, sementgestabiliseerde gruispaadjies vanaf die hoofhek na die kleedkamers, 'n opwip-besproeiingstelsel en relevante stormwaterdreinering-infrastruktuur.
Die kleedkamers is behoorlik toegerus vir spelers en besoekende spanne en sluit onder meer die nodige ablusie, sitplek, sluitkaste, storte, wasbakke en ‘n gerief vir noodhulppersoneel in.
Daar is ook fasiliteite vir die skeidsregters en dit is verblydend om te kan noem dat daar ook ablusiefasiliteite vir persone met uitdagings met mobiliteit beskikbaar is.
In vandag se lewensomstandighede is die 2,1 meter hoë Clearview veiligheidsheining en toesluitbare veiligheidshek ekstra gemoedsrus vir spelers en hul ondersteuners en sal dit help om die fasiliteit ook vir die gemeenskap te beveilig. Boonop is daar 'n 1.8 blote hoë toeskouerheining en toesluitbare oopsighek
"Dit vergestalt 'n belegging in ons jeug, in ‘n gesonde liggaam wat ‘n gesonde gees huisves en in ons dorp se opkomende sokkersterre wat droom om internasionaal hulp merk te maak," het onderburgemeester, raadsheer Cliffie Bayman gesê tydens sy spreekbeurt.
''Ons burgemeesterskomitee, saam met die munisipale raad en ek, is deur hierdie vennootskappe daartoe verbind om die betrokkenheid van gemeenskappe en gemeenskapsorganisasies by ons plaaslike regering aan te moedig om te verseker dat Mosselbaai en sy mense vooruitgaan in die sukses van ons gemeenskapsingesteldheid," sluit Bayman af.