MOSSELBAAI SPORTNUUS - Die Neill Calitz-skietklub se April-skietbyeenkoms wat op Saterdag, 3 April aangebied is het in ideale weer vir skyfskiet plaasgevind met verskeie lede wat baie goeie prestasies behaal het.
Bennie van den Heever was die skut van die dag met drie prag eerste plekke agter sy naam.
Een hiervan was 'n uitdaag-skiet waar die top skuts (nul voorgeë) snelvuur oor 20m moes uitvoer. Bennie het die botoon gevoer met Hannes Ingram tweede en Suzette Herrer derde.
Verskeie nuwe lede het uitstekend gevaar en veral Rika le Grange het gewys dat sy vorentoe goeie rekenskap gaan gee veral toe sy almal in die 9mm-afdeling oor 10m uitgestof het. In die uitdaag-skiet vir skuts met 'n voorgee het Hans Willemse verras toe hy dié snelvuur-afdeling oor 10m gewen het. Nuwelinge Casper le Grange en sy skoonseun Zander Strydom was onderskeidelik tweede en derde. Beide het uitstekend presteer deur in verskeie afdelings plekke onder die top ses posisies in te neem.
Die baanoffisiere van die dag was Willie Germishuys en Danie le Roux met Daleen Nel wat haarself weer eens as rekordhouer onderskei het.
Uitslae van die onderskeie kompetisies
10m .22: 1. Bennie van den Heever en Hans Willemse; 3. Zander Strydom; 4. Suzette Herrer; 5. Sumsodine September, Gert Nel en Danie le Roux.
20m .22: 1. Calie Brown; 2. Hannes Ingram; 3. Sumsodine September; 4. Bennie van den Heever; 5. Johanna Gemishuys; 6. Zander Strydom.
20m-spoed: 1. Willie Germishuys; 2. Zander Strydom; 3. Gert Nel en Hannes Ingram; 5. Johanna Germishuys; 6. Rika le Grange.
10m - 20m silhoeëtte: 1. Suzette Herrer, Bennie van den Heever en Hannes Ingram; 4. Gerrie Bester, Liam Brown, Gert Nel en Zander Strydom.
10m-snelvuur: 1. Hans Willemse; 2. Casper le Grange; 3. Zander Strydom; 4. Gerrie Bester; 5. Johan Uys; 6. Rika le Grange.
20m-snelvuur: 1. Bennie van den Heever; 2. Hannes Ingram; 3. Suzette Herrer; 4. Ivan Maddison; 5. Willie Germishuys; 6. Calie Brown.
10m 9mm: 1. Rika le Grange; 2. Willie Germishuys; 3. Calie Brown, Bennie van den Heever en Hannies Ingram; 6. Casper le Grange.
Woensdag
Die top skuts van die klub se prestasies het geen einde nie. Calie Brown met sy 99/100 het tydens Woensdag se oefensessie geskitter met die .22-pistool terwyl Bennie van den Heever vir Brown net-net in die 9mm-afdeling geklop het.
Uitslae
10m .22: 1. Calie Brown; 2. Bennie van den Heever en Danie le Roux; 4. Suzette Herrer; 5. Hannes Ingram; 6. Rika le Grange; 7. Gert Nel; 8. Casper le Grange en Rob Cumming; 10. Hans Willemse.
10m 9mm: 1. Bennie van den Heever; 2. Calie Brown; 3. Hannes Ingram; 4. Danie le Roux; 5. Willy Matthiae; 6. Hans Willemse.
Die volgende skietoefening vind op Woensdag, 21 April vanaf 09:00 tot 12:00 plaas. Lede word versoek om te alle tye die inperkingsmaatreëls by en op die skietbaan na te kom.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'