MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-potspelliga het onlangs hul jaarlikse prysuitdeling gehou wat 'n enorme sukses was. 'n Totaal van 18 ligaspanne het meegeding om verskeie wenposisies in die liga te behaal.
Mosselbaai-potspelklub is vanjaar 17 jaar oud. 'n Baie suksesvolle jaar word vir 2022 voorspel.
Die onderskeie trofeewenners is soos volg aangewys:
B-afdeling
Spankompetisie: Die wenspan is Dynamic Trading met Poena Carstens, Burgert Carstens, Johan Carstens en Jan Vermeulen. Die naaswenners is Goodfellas 2 met Luvuyu Jim, Gavin Roberts, Lourentius Coetzee en Luciano Agulhas in die span.
Dubbels liga: Die wenners is Sylvester Mitchell en Niel Harding en die naaswenners Gavin Roberts en Lorentius Coetzee.
Individuele liga: Sylvester Mitchell het as wenner uitgetree met Nikki Steenkamp die naaswenner.
Top 5 spelers: Sylvester Mitchell, Nikki Steenkamp, Burgert Carstens, Gavin Roberts en Johan Carstens.
A-afdeling
Spankompetisie: Die wenspan is Pool Dragons met Boet Pheiffer, Servaas Coetzee, Daniël Swart en Christo van Schalkwyk. Die naaswenners is Juan Malgas, André Reynecke, Wayne Hendricks en Pierre Barnard van die Snipers.
Dubbels liga: Die wenners is Boet Pheiffer en Daniël Swart en naaswenners Servaas Coetzee en Christo van Schalkwyk.
Individuele liga: Daniël Swart is as die wenner aangewys met Christo van Schalkwyk die naaswenner.
Top 5 spelers: André Reynecke, Wayne Hendricks, Donovan Geswindt, Christo van Schalkwyk en Roderick Pedro.
Enkels: Daniël Swart is die wenner en Donovan Geswindt die naaswenner.
Die Mosselbaai Blackball potspel-liga enkels is: 1. Daniël Swart; 2. Boet Pheiffer; 3.Servaas Coetzee.
Wenners van die B-afdelingliga is die Dynamic Trading span, van links: Poena Carstens, Burgert Carstens, Johan Carstens en Jan Vermeulen.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'