MOSSELBAAI SPORTNUUS - Oktober is Borskankermaand. Mosselbaai Shotokan ZA gaan op 23 Oktober aan die Nasionale 100 Kata-uitdaging ten bate van kanker op Tarka se markplein deelneem.
By die geleentheid gaan almal pienk gordels dra in solidariteit met borskankerpasiënte.
Die publiek word uitgenooi om die stalletjies te kom ondersteun ten bate van kankerbewusmaking. Die publiek word gevra om die onderskeie deelnemers aan die karate katas, waarvan elke groep 'n 100 gaan doen, te kom ondersteun en aan te moedig.
Vir bydraes kan die Johnson & Johnson-groep gekontak word naamlik Errol (072 985 1833) of Vanessa (072 394 6223) of Merle Singh, voorsitter van Garden Route Relay for Life (082 467 4413).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'