MOSSELBAAI SPORTNUUS - Die Neill Calitz-skietklub se skietverrigtinge word op Saterdag, 5 Desember met die klub se jaarlikse klubkampioenskap afgesluit.
Skuts sal in 'n A- en B-afdeling meeding. In die A-afdeling kom die topskuts teen mekaar te staan en sal almal op 'n gelyke basis (geen voorgee) meeding. Hier is dit 'n kwessie van die beste teen die beste.
Verlede jaar se kampioene, Willie Germishuys en Suzette Herrer (hulle het die 2019-titel gedeel), sal die titel teen ander kampioenskuts van die klub verdedig.
In die B-afdeling sal skuts van hul gewone voorgee af meeding. Die dag skop om 09:00 af en sal op die Pienaar-skietbaan plaasvind.
Meer inligting oor die dag se verrigtinge sal in volgende week se Mossel Bay Advertiser gepubliseer word.
Die volgende skietoefening vind op Woensdag, 2 Desember vanaf 09:00 tot 12:00 plaas.
Lede word versoek om te alle tye die inperkingsmaatreëls by en op die skietbaan na te kom. Die dra van maskers by die skietpunt is verpligtend.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'