MOSSELBAAI NUUS - ’n Baanbrekergholfgeleentheid gaan hierdie Junie geskiedenis in Mosselbaai maak, sê AfriForum se tak in dié dorp.
Volgens die organisasie is sy hibriede gholftoernooi wat binnenshuis én buite op die gholfbaan gespeel sal word, die eerste van sy soort in die land.
Die binnenshuise spel kan tussen 1 en 20 Junie by een van drie venues gespeel word: Quadrant Golf (Mosselbaai), Bat Hill Royale (Bloemfontein) of Digital Golf (Claremont, Kaapstad).
Op Vrydag 26 Junie sal die spelers dan vir die volgende gedeelte by die Mosselbaai-gholfklub saamkom. Die spelers moet beide afdelings voltooi.
Eenhonderd spelers sal in ’n vierbal-beter-bal-Stableford-formaat meeding, met ’n unieke kinkel: 50% van hul punte word binnenshuis verdien en die ander 50% buite op die gholfbaan.
Navrae: Anne-Marie Storm Buys by 082 617 6226.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’