ALBERTINIA NUUS - Die Young Ones 2 van Albertinia het Sondag hul rieme styfgeloop in 'n ligawedstryd teen Playboys van Riversdal.
Playboys het die wedstryd op 18 Februarie gemaklik met 25-11 gewen en 'n welverdiende bonuspunt bekom.
Young Ones het geen kans gehad teen die ervare spelers van Riversdal nie.
Vir Playboys het Arnold Pieterse, Elroy Jacobs en Dillon Jansen die beste gevaar.
In 'n ander wedstryd het Young Ones 1 ook 'n loesing van Golden Que van Heidelberg gekry.
Die Heidelbergers was te sterk vir Young Ones en het die wedstryd met 22-14 gewen.
Ervaring het 'n groot rol gespeel en is waarskynlik waarom die Young Ones 1 net nie die mas kon opkom nie.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Tuinroete nuus'