SUID-KAAP SOKKER NUUS - Die kragmetings in die Hessequa LFA sokkerliga het op Sondag, 16 Junie op Albertinia plaasgevind.
Die jong sokkerspan, Progress United, het briljante spel gelewer deur Zama-Zama van Riversdal met 5-1 te klop en Albertinia FC met 4-0 kaf te draf.
Progress, wat tans bo aan die puntelys lê en goeie sokker speel, is die jongste groep in die liga.
Met hulle eerste wedstryd teen Albertinia het hulle gou hul planne om te wen gewys deur vier doele aan te teken.
Andrew Jacobs (1) en Jeandré Sameuls (3) het Progress United se doele aangeteken.
In die wedstryd tussen Zama-Zama en Progress United het Jeandré Sameuls (3), Dylan Hoffman (1) en Diego Flores (1) Progress United se doele aangeteken.
Jeandré Sameuls het altesaam ses doele in beide die wedstryde aangeteken. Zama-Zama se doel is deur Lungisa Ramba aangeteken. Riversdal het verwoed teruggeveg, maar die skrif was reeds teen die muur.
Die volgende wedstryde vind op 29 Junie in Riversdal plaasvind.
Jeandré Sameuls (links) het ses doele in twee wedstryde aangeteken.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'