GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Groot-Brakrivier Sekondêr se sokkerspan het onlangs opgewonde en met groot dank hul nuwe truie, broeke en sokkerballe ontvang.
“Ons wil graag ons opregte dank aan Lucraine Adams en sy moeder, Marcia, vir hulle gulhartige bydrae betuig.
“Julle ondersteuning beteken baie vir die span en die gemeenskap,” het die skool gesê.
“Dit maak ’n groot verskil in die span se voorbereiding en samehorigheid op die veld.”
Die sokkerspan bestaan uit Brendan Williams, Jakowin October, Chesvigo Wagenaar, Jaydon Erasmus (onderkaptein), Lee-Handro Minnies, Luwayne Michaels (kaptein), Jonathan George, Edwardo Gertse, Deolin Crowse, Jamano Hartzenberg, Aydin Abrahams, D’Vondre Perel, Rouwin Pietersen, Meguel Ohlson en Lee-Dane Kula.
“Mag hierdie nuwe toerusting hulle aanmoedig om met passie en spanwerk op die veld voort te gaan!” sê die skool.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’