Gail Bezuidenhout (38), ‘n korrektiewe beampte by die Baviaanspoort gevangenis, was tuis en besig om toebroodjies in te pak vir die kinders, toe sy na haar slaapkamer is om ‘n paar goed reg te kry vir Maandag.
Haar vervreemde man Gerat (43) en haar twee kinders Xinelia (11) en Xoneal (6) het haar gevolg en Gerat het die deur toegemaak.
“Hy het foto’s van ons huwelik en van die kinders op die bed uitgepak en vir my gesê hy wil nie sonder my voortgaan nie, as hy my nie mag besit nie, mag niemand anders nie,” het ‘n emosionele Gail Dinsdag vertel.