MOTORING NEWS - Toyota het met die meeste toekennings in die 2017-Kinsey-verslag weggestap nadat hy vier afdelings gewen en sewe podiumposisies opgeraap het.
Dit was Toyota se beste vertoning nog nadat hy in 2016 ses podiumposisies en drie oorwinnings, in 2015 sewe podiumposisies en drie oorwinnings en die jaar tevore vyf podiumposisies en twee oorwinnings behaal het.
Vanjaar se peiling was vir 'n onderdelemandjie vir 62 voertuie, waar elke mandjie in die drie gewone onderafdelings vir versiening (diens), instandhouding en botsherstelwerk verdeel is.
Die immergroen Corolla is weer as die beste in die afdeling vir gesinsgunstelinge aangewys.
Dié brood-en-botter-sedan is 'n Kinsey-suksesverhaal soos min en oorheers hierdie afdeling al van 2014 af.
Vanjaar was die Corolla Quest en die nuwe Corolla weer eerste en tweede – die vierde keer dat hulle dit regkry.
Die Corolla het in 2012 en 2013 'n silwer medalje gewen, maar sedertdien kon geen ander model nog dié boonste posisie inneem nie.
Die 1,6 Corolla Quest en 1,6 Corolla Prestige word deur net 'n paar duisend rand in die algehele onderdelemandjie en net 'n breukdeel van die persentasie op die gebied van waarde vir geld van mekaar geskei.
Die koste van die Quest se onderdelemandjie, wat die laagste is, spog met die goedkoopste pryse vir onderdele vir botsherstelwerk.
Die Corolla Prestige in die tweede plek het die derde goedkoopste versieningsprys en die naasbeste botsonderdelepryse.
Die vertoning van die Fortuner is egter selfs nog beter. Suid-Afrika se gunsteling-sportnuts oorheers die nutsmotorafdeling al die afgelope ses jaar.
Die tweede plek in dié afdeling word deur die RAV4 2,0 ingeneem - sewe plekke beter as verlede jaar.
In die nutsmotorafdeling word deur RAV4 2,0 slegs geklop deur 'n ander Toyota - die Fortuner.
Die Toyota Prado 3,0 VX is heel bo in die afdeling vir luukse nutsvoertuie danksy sy oorheersing in die algehele onderdelemandjie en sy persentasie wat waarde vir geld betref.
Toyota het ook die afdeling vir dubbelkajuitbakkies met die Hilux 2,8 GD oorheers, wat die afdelings vir die onderdelemandjie en die bekostigbaarheidspersentasie oorheers het.
Toyota se oorwinning in die Kinsey-verslag dui op die handelsmerk se voortgesette pogings om die beste naverkope-ervaring in die plaaslike mark te bied.
Byvoorbeeld, in September het Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM) die Opregte Onbeperkte Waarborg en die Opregte Gebruikte Waarborg bekend gestel.
Dit is ontwerp om klante uitmuntende dekking teen 'n baie mededingende premie te bied.
Dié Toyota-waarborg is van toepassing op alle Toyota-modelle wat nog deur die fabriekswaarborg van drie jaar of 100 000 km gedek word.
Die produk is vir klante wie se voertuie nie meer as een versiening binne die waarborgtyd oorgeslaan het nie.
Die Toyota Opregte Gebruikte Waarborg is van toepassing op voertuie buite die fabriekswaarborg, maar nie ouer nie as sewe jaar of 200 000 km.
Dié produk is vir klante wie se voertuie nie meer as twee versienings misgeloop het nie.
Hierdie nuwe produkte is 'n aanduiding van Toyota se verbintenis tot die verlaging van die koste van eienaarskap.
Dit is ook om klante gemoedsrus te bied aangesien dit deur TSAM bemark en bestuur word.
Voertuie ouer as vyf jaar wat deur enige van hierdie waarborge gedek word, kwalifiseer steeds vir Toyota se waardediens met vasgestelde arbeidskoste en afslag-onderdele by Toyota-handelaars.
Dié produkte gee klante dieselfde dekking as die vervaardigerswaarborg vir 'n verlengde tydperk.
Hierdie waarborge is egter nié vir die Quantum Ses'fikile- en Dyna-modelle beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'