Vyf werknemers van 'n boukontrakteur was agter op die voertuig. Twee van die passasiers is per ambulans na 'n plaaslike hospitaal afgevoer terwyl drie ander vir ligte beserings op die toneel behandel is.
Volgens mnr Theo Kluits, die hoof van sekuriteit by die Gondwana Wildsplaas, is die oorsaak van die ongeluk nog nie duidelik nie. "Dit wil voorkom asof die bestuurder op die gruispad beheer oor die voertuig verloor het voordat dit van die pad gery en omgeslaan het."

'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'