MOSSELBAAI NUUS - ‘n Sestigjarige inwoner van Monte Christo is ongedeerd nadat haar voertuig gister om 12:30 die pad verlaat het.
Volgens die KwaNonqaba-polisie het die voorval by Bartelsfontein gebeur.
Nooddienste het na die toneel gehaas en hoewel die bestuurder geskok was is geen ernstige beserings aangemeld nie.
Die bestuurder het volgens die polisie beheer oor die voertuig verloor.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'