MOSSELBAAI NUUS - Daar is minder as 'n uur oor voor die amtelike sluitingstyd van stemlokale, met honderde kiesers steeds in rye in sommige Mosselbaai areas.
Op Danabaai wag talle gemeenskapslede nog in rye om hul kruisies te trek, so ook op Klein Brak.
Verskeie klagtes oor die tyd wat die neem by stemlokale doen die ronde op sosiale media.
Daar was ten minste 'n ligpunt in die donker vir een kieser, wie se man vir haar pizza in die ry gebring het - hy het vroeër vandag sy kruisie gaan trek.
Kyk die video hier:
In sommige ander areas verloop die proses egter beter. By die Reebok gemeenskapsaal was dit 'n vinnige in en uit tussen 19:00 en 20:00.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’