MOSSELBAAI NUUS - Vrydagaand het die NG Moedergemeente Mosselbaai hul skaapkop-ete gehou.
Dié geleentheid bring die gemeente bymekaar en het ook fondse ingesamel vir die aankoop van skape vir die komende basaar.
Dit is slegs die tweede keer wat hierdie ete aangebied word. Die kerk sê dit was ’n groot sukses met 70 skaapkoppe wat bedien is.
Elke gas het ’n klein knipmes as geskenk ontvang en persoonlike houtborde is ook te koop aangebied.
FOTOGALERY: Inwoners smul by kerk se skaapkop-ete
Die mannegroep van die gemeente ry jaarliks bykans 1 000km na die Kalahari om die skape te gaan haal. Die basaar, wat aan die einde van Mei plaasvind, beloof om weer ’n hoogtepunt van die jaar te wees.
Die gemeente het almal bedank wat hierdie geleentheid ondersteun het en bygedra het tot die sukses daarvan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’