Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S- Ses passasiers van onderskeidelik twee busse is vroeg vanoggend dood ná die busse waarin hulle gereis het, in 'n botsing op die N2 by Mosselbaai betrokke was.
Die ongeluk tussen ‘n Williams- en ‘n Interkaapbus het langs die N2 Industriële Park op die N2-gedeelte tussen die Danabaai-afrit en Langeberg Mall plaasgevind.
Sersant Chris Spies, woordvoerder van die polisie het die dodetal bevestig en gesê dat die KwaNonqaba-polisie kort na die botsing op die toneel was. Volgens Spies het die ses oorledenes met aankoms van die nooddienste nog geleef maar het later op die toneel aan hul beserings beswyk.
Beide busbestuurders het in die botsing omgekom. Nawat verneem word is ongeveer 25 van die passasiers vir behandeling van hul beserings na hospitale vervoer.
Die ongeluk het vanoggend, 13 Mei ongeveer 01:30 plaasgevind. Meer as 100 passasiers was op die twee busse.
Volgens Spies toon die voorlopige ondersoek dat die twee busse in verskillende rigtings gereis het toe die ongeluk plaasgevind het.
Beide lane van die N2, rigting George na Mosselbaai (gedeelte tussen die Langeberg Mall- en die Danabaai-afrit) is vir verkeer gesluit. Motoriste wat vanaf George in die rigting van Kaapstad reis moet Louis Fourieweg deur Mosselbaai gebruik. Beide lane van die N2, rigting Mosselbaai na George, is oop vir verkeer.
Nasionale ondersoekbeamptes vanaf Kaapstad en plaaslike owerhede is tans op die toneel om die ongeluk te ondersoek. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.
VIDEO - Busongeluk op N2 met meer 100 passasiers betrokke ( Video: Louise Karsten).
VIDEO - Burgermeester, Dirk Kotzé op toneel van N2-busongeluk ( Video: Louise Karsten).
Vorige artikel: Multiple injuries after buses collide
Foto: Louise Karsten
Foto: Louise Karsten
Foto's: Louise Karsten
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’