MOSSELBAAI NUUS - Die eerste stappe van die vestiging van die Point Discovery Centre by Die Punt op Mosselbaai om die argeologiese geskiedenis van die moderne mens uit te beeld en voor te stel aan die publiek, is op dreef.
Voorsitter van die sentrum, Fred Orban sê konstruksie begin nou 'n aanvang neem.
"Planne deur 'n plaaslike argiteksfirma, is goedgekeur."
Orban sê die effektiewe en innoverende ontwerp sal hoofsaaklik uit skeepvraghouers bestaan.
'n Uitstalling wat onder meer die grotte by Pinnacle Point uitbeeld, sal in die sentrum uitgestal word.
Die doel van die sentrum is om die ontwikkeling van die moderne mens aan die Suidpunt van Afrika uit te beeld en te verduidelik. Orban sê die fasiliteit sal oor 'n paar maande vir die publiek geopen word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'