MOSSELBAAI NUUS - Pollie, 'n ringnekvoël is sedert Woensdag, 27 April uit Hartenbos vermis. Pollie se eienaars berig dat die voël vermis geraak het nadat tuindienste by hul woning gras gesny het.
Enige persoon wat dalk vir Pollie gewaar het word versoek om Maria Swanepoel (079 738 4170) te kontak.
"Geen verdere vrae sal gevra word of stappe sal geneem word nie. Ons wil net graag ons geliefde troeteldiertjie terughê."
'n Beloning word aangebied indien Pollie veilig terugbesorg sou word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'