MOSSELBAAI NUUS - Die Garden Route Relay for Life vind môre, 7 Maart by die D'Almeida-stadion plaas. Hierdie deurnagstaptog is oop vir deelname en spanne van 10-15 persone kan inskryf.
Tydens hierdie byeenkoms, word kankeroorwinnaars se stryd gedenk, asook die lewens van diegene wat hulle kankerstryd verloor het. Hulde word ook gebring aan sorggewers en kankerbewusmaking word gedoen.
Hierdie fondsinsamelingsgeleentheid het ten doel om kankernavorsing en -bewusmaking te steun.
Die Garden Route Relay for Life word gehou vanaf 16:00 tot 8 Maart om 06:00.
'n Hoogtepunte gedurende die Relay is die luminaria-seremonie wanneer kerse van hoop aangesteek word om almal wat deur kanker geraak word te vereer.
Persone wat nie deel is van spanne nie word versoek om 'n donasie van R20 per volwassene en R10 per kind te betaal. Voertuie kry toegang teen R10 per voertuig ten bate van Kansa.
Vir navrae skakel: Merle Singh (082 467 4413), Michael (079 697 3272) of Julie ( 073 434 8291).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'