MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se gemeenskapspolisieforum (GPF) het onlangs nog ‘n tweerigtingradio aan die Mosselbaai-polisiestasie geskenk om hulle in staat te stel om tydens buurtwagpatrollies en op ‘n daaglikse basis direk met die polisie te kommunikeer.
Die verbinding is veral belangrik om steun aan mekaar te bied.
In totaal het die GPF ses radios geskenk wat in verskillende patrollievoertuie geïnstalleer is om vinnige kommunikasie te bewerkstellig. Daar is ook 'n radio by die brandweer geïnstalleer wat op dieselfde golflengte funksioneer.
Boonop het elke buurtwag ook hul eie radios om met mekaar te komunikeer. Die CID (sentrale verbeteringsdistrik se wagte) is ook toegerus met dieselfde handradio's om vinnige kommunikasie tussen die polisie, CID en buurtwagpatrollielede te bewerkstellig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'