Breaking News
MOSSELBAAI NUUS - Die Kwanonqaba polisie ondersoek 'n moordsaak na die dood van 'n 20-jarige man op Woensdag, 28 Desember.
Volgens inligting het die polisie om 16:15 op die toneel in Adriaanslaan, Asla Park, Kwanonqaba, aangekom en die liggaam van die oorledene langs die pad aangetref.
‘n Ooggetuieverslag dui daarop dat die slagoffer betrokke was by 'n bakleiery met vier onbekende mans, wat gelei het tot sy dood.
Daar word beweer dat die aanvallers die slagoffer met groot klippe aangerand het, wat na bewering tot die dood van die slagoffer gelei het. Die verdagtes het van die toneel gevlug.
Omstandighede rondom die voorval word ondersoek en daar is tot dusver geen arrestasies gemaak nie. Adjudant Offisier Errol Barnard is die ondersoekbeampte en enige persoon wat kan help met die ondersoek, kan hom kontak (044 606 5633).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’