MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie versoek enigiemand wat weet waar Asanda Fuba, Heinerich Smuth, en Elrino Williams hulle bevind, om met ao A Stokes in verbinding te tree (044 606 2200).
Die mans kan behulpsaam wees in 'n ondersoek wat verband hou met oortreding van die nasionale wet op rampbestuur.
Verder is hulle ook op soek na Fagan May wat kan behulpsaam wees in 'n diefstal uit motorvoertuig saak.
Enige iemand met inligting kan ook ao A Stokes kontak (044 606 2200).
Asanda Fuba
Heinerich Smuth
Elrino Williams
Fagan May
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'