Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die Point Discovery Centre (PDC) by Die Punt in Mosselbaai is Woensdag, 14 Desember vir die publiek geopen.
Fred Orban, voorsitter van die PDC-komitee en Lodewyk Coetzee, raadslid van Wyk 8 vir die Mosselbaai-munisipaliteit het die lint geknip om die sentrum met die uitstalling te open.
FOTOGALERY: Die Point Discovery Centre
Coetzee vertel: "Die PDC vertel die storie van 160 000 jaar gelede rondom die ystydperk toe 'n groot deel van die mensdom uitgewis en die wêreld toe van hier af verder bevolk is. In die paleontologie is dit een van die merkwaardigste ontdekkings in die wêreld se geskiedenis."
Gail Baatjies-Appiah, Paramount Chief van die Khoi-Koranna-stam en 'n Verenigde Nasies Vredesambassadeur, voel dat die sentrum, Mosselbaai op 'n ander tipe wêreldkaart plaas. "Dit is presies wat ons nou nodig het met die Ikoniese Mosselbaai-veldtog en wat ons vir besoekers wil sê, is Welcome Home!"
Die PDC huisves 'n unieke uitstalling met artefakte en bewyse wat daarop dui dat die vroegste menslike kognitiewe gedrag in dié gebied voorgekom het. Toeriste kan nou die sentrum besoek wat langs die St Blaize-grotte geleë is om meer te leer oor die oorsprong van die moderne mens. Die uitstalling is deur die Nelson Mandela Universiteit voorberei. Die area vorm deel van die Wieg van Menslike Kultuur en sal na verwagting binnekort as 'n Unesco Erfenisgebied verklaar word.
Toeriste wat Mosselbaai besoek, kan daarom nou voel dat hulle ook "tuis" gekom het.
Vorige berigte:
- Start made on Discovery centre
- Sentrum by Die Punt op dreef
- Point Discovery Centre opening in six months
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'