GROOT-BRAK NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier waarsku inwoners om versigtig te wees met aanlyn-aankope.
Talle sake van bedrog is onlangs deur inwoners van die dorp by die polisiestasie aanhangig gemaak.
Die polisie se kommunikasiebeampte, sers Laurianne Botha sê mense belê graag in wendyhuise omdat dit 'n ekonomiese stoorplek of behuisingsopsie is. Botha sê die tendens in die bedrogklagtes is dieselfde.
"'n Goeie produk met 'n goeie prys word beloof maar sodra die betaling gemaak is verdwyn die verkoper en sien die kliënt nie die wendyhuis nie."
Botha moedig inwoners aan om eerder nie hierdie tipe aankope aanlyn deur te voer, en deposito's te betaal, of soos in sommige gevalle die volle bedrag te vereffen indien hulle nie seker is die instansie wat dit te koop aanbied is geldig nie.
"Wees veral versigtig vir privaat verkope deur onbekende persone."
Botha sê: "Ons het nog niemand in hegtenis geneem nie en dikwels is dit swendelaars wat moeilik is om vas te trek."
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brak, Tuinroete nuus'