MOSSELBAAI NUUS - Phil Gerber, 'n 95-jarige man wat in 1929 op Mosselbaai gebore is en steeds hier bly, het nog nie een verkiesing misgeloop sedert hy in 1953 die eerste keer sy kruisie getrek het nie.
Daarenteen, is drie van Mosselbaai-munisipaliteit se junior stadsraadslede vanjaar net betyds 18 jaar oud en reg om vir die eerste keer hul stemme te laat tel vir hul land.
Onder hulle is die junior burgemeester, Dintle Sima, die junior munisipale bestuurder, Shaun-Lee Remas, en algemene raadslid, Megan de Nobrega.
Hulle beskou die tyd wat voorlê as senutergend, maar is ook bly om die geleentheid te kan hê om te stem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’