Update
MOSSELBAAI NUUS - 'n Onderwyser van Laerskool Park het die afgelope week weer in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op aanklagte van onder meer verkragting, seksuele aanranding en seksuele aanvoring.
Die aanklagte spruit uit beweerde voorvalle tussen 2019 en 2020. Die slagoffers was almal in die verdagte se graad 7-registerklas.
Die aanklagte van verkragting spruit uit voorvalle wat plaasgevind het toe een van die slagoffers in graad 8 op hoërskool was.
Die verdagte (42) is in Desember verlede jaar op borgtog van R15 000 vrygelaat.
Hy is onderhewig aan streng borgvoorwaardes en het nog nie op die aanklagte teen hom gepleit nie.
Die saak is volgens prosedure uitgestel na 24 Mei wanneer die verdagte in die streekhof sal verskyn. Die ondersoek duur voort.
Vorige artikels:
- Redes vir borgtog vir Onderwyser
- Onderwyser voer onder meer gesondheidsredes aan vir borgaansoek
- Slegs media mag onderwyser se borgaansoek bywoon
- Landdros siek, onderwyser se borgaansoek weer uitgestel
- Onderwyser vanoggend in hof
- Onderwyser se borgaansoek uitgestel
- Onderwys departement loods ondersoek na onderwyser se inhegtenisname
- Onderwyser bly in aanhouding tot borgaansoek
- Onnie vas vir beweerde verkragting
- Laerskool onderwyser vandag in hof
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’