Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die 18de NSRI Nuwejaarsstranddraf het vanoggend op Diasstrand plaasgevind.
Sowat 158 deelnemers het om 08:00 met die afvuur van n fakkel die feesvieringe van gisteraand uitgesweet op die strand.
Hierdie geleentheid spog met verskeie deelnemers wat amper elke jaar inskryf en een van hulle is Richard van Wyk wat vanogggend vir die 17 de keer deelgeneem het.
"Ds Richard" soos hy bekendstaan, was baie jare gelede 'n leraar by die Mosselbaai NG Moedergemeente en deesdae een van die studenteleraars by die Stellenbosch Moedergemeente.
Van die dapper deelnemers.
ARTIKEL & FOTO'S: TERSIA MARAIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'