MOSSELBAAI NUUS - Nicole van Rooyen, die dapper kankerlyer wat in 2017 'n gemeenskap om haar verenig het toe fondse ingesamel is vir 'n prostese, het haar stryd teen dié siekte verloor.
'n Baie raar tipe kanker, Ewing se sarkoom, is in Augustus 2016 by Nicole van Rooyen gediagnoseer.
Om haar lewe te red, is haar regterbeen geamputeer.
Haar familie beskryf haar as 'n baie sterk jong vegter wat 'n besondere stryd baie dapper gestry het. Sy was op 'n stadium in remissie, maar onlangse toetse het getoon dat die siekte weer gemanifesteer het.
Nicole is Maandag tuis oorlede terwyl haar ma by haar was.
Die familie bedank die gemeenskap vir hul belangstelling en ruimhartigheid. 'n Familiebegrafnis sal vandag, Vrydag 1 Maart vir Nicole gehou word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'