Gallery
GROOT-BRAKRIVIER NUUS EN GALERY - ’n Indrukwekkende 91 swemmers het die afgelope naweek aan die Ysbeer Swem by Suiderkruisstrand in Groot-Brakrivier deelgeneem.
Die organiseerder, Felix Burri, sê die weer was ongelooflik vir die geleentheid en die 91 brawe siele is menigmale die water in. Die Ysbeer Swem-gelukbringer, Bundutjie, was natuurlik ook daar vir al die aksie.
“Dit was baie pret. Jonk en oud het gegil en uitgeroep en daar was talle gelukkige gesigte toe elkeen hul medalje ontvang het. Almal sien uit na volgende jaar... groter en beter!”
Burri sê lede van die Nasionale Seereddingsinstituut asook paramedici was teenwoordig, maar daar was gelukkig geen insidente wat hul dienste benodig het nie.
Dié swemsessie was die laaste in ’n reeks van drie, met die eerste wat by Victoriabaai plaasgevind het, en die tweede by Santosstrand. Deelnemers betaal elk ’n fooi om deel te neem; die ingesamelde fondse gaan vanjaar aan Soek-en-redding Suid-Afrika en die Johenco-tehuis in Sutherland.

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’