MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit het onlangs ’n koopkragmeteroudit deur sy aangestelde kontrakteur, Ontec, gemagtig.
In ’n kennisgewing wat die munisipaliteit uitgereik het, versoek hy die volle samewerking van alle inwoners en huiseienaars.
“Daar word ook aangeraai dat inwoners en huiseienaars altyd veldwerkers versoek om identifikasie te toon voor hulle op die perseel toegelaat word.”
Volgens die munisipaliteit is die volgende individue gemagtig om koopkragmeteroudits en TID-opdaterings van elektrisiteitmetersagteware in gebiede binne die Mosselbaai-munisipaliteit se jurisdiksie uit te voer:
1. Bronwynn Sinkfontein (990523 5183 085)
2. Romeez Robertson (970319 5154 083)
3. Roswill Fortuin (970823 5110 086)
4. Keeno-Lee Agulhus (971015 5192 086)
5. Lucian Sinkfontein (730405 5163 082)
Die magtiging is effektief vanaf 1 Desember 2024 tot 30 November 2029. Alle navrae kan by 044 873 5474 aan Ontec gerig word, of alternatiewelik kan die Mosselbaai-munisipaliteit by 044 606 5000 gekontak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’