MOSSELBAAI NUUS - ’n Mosselbaaier wat die afgelope drie jaar in Amerika werk, is ernstig in ’n fratsongeluk op ’n plaas in Nebraska beseer.
Pretorius is per lugambulans na ’n hospitaal in Kearney, die naaste stad in die omgewing, geneem.
“Daar is geen toeval nie, dis wonderbaarlik hoe God hierdie in plek gesit het. Enige klein verandering sou sy lewe gekos het.”
Hugo Pretorius. Foto: Verskaf
Die Pretoriusse, Hugo, Elani, Jax en Kai. Foto: Verskaf
Die egpaar se kinders, Jax en Kai, is in Laerskool Hartenbos en is onderskeidelik agt en tien jaar oud.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’