MOSSELBAAI NUUS - Misha van der Merwe (16), 'n leerder van die Lighthouse College, het verlede week 'n gesogte toekenning vir musiek huis toe geneem.
Sy het Vrydagaand, 6 Junie, by die Jong Musikante-kompetisie, aangebied deur die George-musiekvereniging, die Elmarie van der Vyver-trofee vir die beste strykinstrumentalis gewen.
Misha beoog om die drie instrumente wat sy elke dag speel verder te beoefen. Sy speel al klavier, tjello en viool sedert sy ses jaar oud is, maar fokus tans op die tjello.
Meya Cordewener, 'n leerder aan Curro Mosselbaai, het die beoordelaars ook beïndruk.
Sy het met drie toekennings weggestap: beste snaarinstrument-speler, musiekuitnemendheid en beste algehele senior wenner.
Die George-musiekvereniging is organisasie sonder winsoogmerk wat daarop gemik is om musikante te ondersteun deur middel van fondsinsamelingsprojekte, borge en die organisering van konserte en geleenthede, deur musikante en sangers van plaas-like, nasionale en internasionale meriete uit te nooi.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’