MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai Sentrale Verbeterings-distrik (The Mossel Bay Central Improvement District), is as nie-wingewende organisasie geregistreer en bestaan uit lede en grondeienaars binne die geografies-afgebakende gebied in Sentraal Mosselbaai, insluitend die hawegebied.
Die organisasie hou 'n algemene jaarvergadering op 28 Mei om 17:30 in die sysaal van die stadsaal by Mosselbaai-munisipaliteit.
Tydens die byeenkoms sal die voorsitter, André Nel, 'n oorsig van die aktiwiteite van die organisasie gee. Die finansiële state en begroting vir die nuwe finansiële jaar sal bespreek word.
Alle lede, grondeienaars binne die CID, en belangstellendes wat insette in die middedorp se verbeteringe wil lewer, word na die byeenkoms uitgenooi.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'