MOSSELBAAI NUUS - 'n Lugfoto van die Gouritsrivier wat by die see inloop en die effek van hewige reënval verlede week in die gebied is op die Facebook Gouritsgroep gedeel.
Natuurkenner, Fred Orban sê oor die foto, dat dit 'n klompie jare terug die tendens was om die duine in die gebied met rooikrans te stabiliseer.
"Nou is rooikrans 'n probleem want dit het die duine oorgeneem en die sand wat op die duine is, het die see gevoed en die see het weer die sand uitgebring en dit is deel van die duine struktuur."
Orban sê stadig maar seker is die duine besig om so toegegroei te word, dat die sand gestabiliseer het en daar nou nie meer sand oor die baai waai nie.
"Vleesbaai het byvoorbeeld nou rotse by die swemplek en voorheen was daar baie sand. Dit is as gevolg van sandduin-beweging."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’