MOSSELBAAI NUUS - Die 16de Mosselbaai Kersmark vind hierdie jaar van 16-18 Desember in die NG Mosselbaai-Suid se kerksaal plaas. Die kerk is geleë op die hoek van 15de en 17de Laan, Mosselbaai en die mark is daagliks vanaf 08:00-18:00 oop. "Al wat jy nodig het om te kom besoek is 'n masker en ons sal sorg dat jou hande blinkskoon en kiemvry is."
Hierdie gewilde mark is soos elke jaar 'n paradys van unieke handgemaakte geskenke en produkte. Heerlike eet- en drinkgoed asook middagetes sal te koop wees. "Kom smul gerus aan JJ en kie se varsgebakte roosterkoeke met vulsels."
Vanjaar is daar boonop iets nuuts by die mark, wanneer die kunsmark deur Wendy Smith en ander aangebied word.
Dit sluit in olieverfskilderye, potloodsketse, akrielkuns, glue gun art, asook funksionele kunswerk soos oorbelle en bekers sal te koop aangebied word. "Kom geniet 'n heerlike, plattelandse, vakansie-ervaring by die see. Bring die familie en vriende en geniet dit saam, terwyl jy jou Kersinkopies doen."
Vir verdere inligting of stalletjiebesprekings, kontak Cecile (082 224 3865).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'