GROOT BRAKRIVIER NUUS - Inwoners van Groot-Brakrivier op Wolwedans het gisteraand, op Dinsdag 26 April oproerig geraak teenoor inwoners in dieselfde gebied wat as die 'Zone' bekend staan.
Inwoners het besluit genoeg is genoeg omdat sekere van die 'Zone' se mense glo onwettig krag aanlê.
Hulle meen hulle moet betaal vir krag terwyl ander dit verniet kry.
Die Mosselbaai-munisipaliteit het die onwettige kragverbindings verwyder.
Volgens die Groot-Brakrivier polisiekommunikasiebeampte Sersant Laurianne Botha het die inwoners om ongeveer 17:00 oproerig teenoor die 'Zone' se mense geraak.
Bande is op die padoppervlakte gebrand en volgens inligting is 'n polisievoertuig met klippe bestook.
Die polisie se Openbare Orde-eenheid is na die toneel ontbied.
Botha sê die situasie is intussen ontlont en die polisie handhaaf steeds 'n teenwoordigheid op die toneel.
Na wat verneem word is niemand tydens die voorval in hegtenis geneem nie.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'