GROOT BRAKRIVIER NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier het die afgelope week hulle hande vol gehad met ongehoorsame inwoners wat nie die regulasies ingevolge die Wet op Rampbestuur nakom nie.
Sedert die begin van die inperking is reeds meer as 30 inwoners op Groot-Brakrivier beboet.
Polisiewoordvoerder, sersant Laurianne Botha sê hulle sukkel veral met inwoners op Wolwedans. "Dit is verskriklik. Die mense beweeg steeds soos miere rond. Ons patrolleer die gebied en het boetes begin uitskryf en ook 'n paar mense in hegtenis geneem."
Botha sê hulle sukkel veral met ouers wat hulle kinders in die pad laat speel, terwyl die ouers in hul wonings is.
"Sodra die kinders ons polisievoertuie sien, hardloop hulle by hul huise in." Inwoners word deur die polisie gewaarsku om nie hul wonings te verlaat nie, mits dit vir noodsaaklikhede is, soos kos of mediese hulp.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'