MOSSELBAAI NUUS - Logan de Vries is 'n sprankelende, 14-jarige meisie wat vir haarself 'n doodnormale tienerlewe in die vooruitsig gestel het. Maar 2021 het vir haar 'n ander pad uitgespel.
Logan is met erge skolliose gediagnoseer wat dit noodsaak dat sy dringend chirurgie moet kry.
Volgens haar ma Jacqueline, was die nuus maar 'n skok, veral toe bepaal word dat die graad van haar skolliose van so 'n aard is dat indien daar nie chirurgies ingegryp word nie, haar longe en hart se funksionering aangetas kan word, soos haar kondisie vererger.
Logan word deur haar ma grootgemaak en die mediese koste wat die gesin in die gesig staar, is noemenswaardig.
Daarom het gospelgroep, For Him besluit om 'n fondsinsamelingskonsert vir Logan op 20 Junie in die D'Almeida-gemeenskapsaal te hou. Die konsert begin om 17:00.
Toegang is R50 vir volwassenes en R30 vir kinders.
Besprekings kan vooraf gedoen word by Yolandi Duthie en kaartjies is ook by die deure beskikbaar. For Him is 'n geregistreerde nie-winsgewende organisasie.
"Ons kry wonderlike terugvoering en insae van borge wat reeds na vore gekom het om te help. Indien daar enige plaaslike besighede is wat dalk sou wou betrokke raak, kontak ons gerus," sê 'n woordvoerder vir For Him.
Vir meer inligting, kontak Yolandie Duthie (083 772 5885) of Jacqui die Vries (079 693 4388).
For Him, wat onlangs ook vir Gerrie Pretorius van Leef Jou Reis beindruk het met hulle vokale uitnemendheid.
Logan de Vries
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'