Jordaan pleit skuldig aan roof en moord, maar onskuldig op die aanklag van verkragting, oor 'sy ingestem het tot gemeenskap en self haar klere uitgetrek het'.
Adv Jan Theron vir die staat, voer egter aan Grobler is verkrag.
'n Forensiese analis van die SAPD Forensiese Wetenskap Labratorium in Plattekloof, Tania Cunningham, het op Woensdag, 9 Mei getuig die spermmonster wat op Grobler se lyk gevind is, stem ooreen met dié van Jordaan.
Dit stem ook, volgens Cunningham, ooreen met 'n spermmonster wat op 'n ander slagoffer, me Vivienne Grobler (52), wie op 13 Februarie 2010 vermoedelik langs die R102 verkrag en vermoor is, gevind is. Jordaan ontken egter skuld op laasgenoemde aanklagte.
'n Forensiese pataloog van George, Dr M Hurst, het getuig me Marthie Grobler het ongeveer 26 messteke gehad. Sy het getuig sy onthou die post mortem juis oor die wreedagtige manier waarop Grobler vermoor is. Sy het getuig die voorwerp waarmee Grobler gesteek is moes met geweldige krag gebruik geword het oor haar nek van die voorkant, deur die rugmurg en aan die ander kant uit gesny is.
"Amper soos 'n slagting?" het Regter Robert Henney gevra.
"Ja," het Hurst beaam.
Hurst het getuig die selfde mate van geweld is in beide slagoffers se post mortems opgemerk.
"Die nek is ook op dieselfde manier gesny."
Die verhoor duur voort. Hou die Mosselbaai Advertiser se webwerf dop vir die vonnisuitslag op www.mosselbayadvertiser.com.
Regter Henney is bygestaan deur Assessor JD Visser.
A/o Sias Weyers van die SAPD op Groot-Brakrivier is die ondersoekbemapte.
.jpg)
‘n Skets deur die illustreerder Dumisani Buyana op Woensdag, 9 Mei wys die beskuldigde, mnr Petrus Jordaan, aan die linkerkant. Regs is adv Jan Theron en adv Peter Burgers staan met sy rug na die beskuldigdebank.
ARTIKEL: LOUISE KARSTEN, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS