MOSSELBAAI NUUS - Die George Mannekoor is ook genooi om deel te wees van die Mosselbaai Kunstefees. 'n Wye verskeidenheid van tradisionele- en ook gewilde mannekoor-liedere sal deel uitmaak van die vertoning.
Musikale verwerkings van Andrew Lloyd Webber se blyspele sal ook deur 'n plaaslike soloïs weergegee word.
Die konsert vind op 2 September om 18:00 in die Klipkerksaal van die Mosselbaai NG Moedergemeente in Kerkstraat plaas. Toegang is gratis, maar donasies sal verwelkom word. Vir navrae en besprekings stuur ‘n WhatsApp of stemnota aan Liezle Nel op 072 903 2995.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’